Die verhoor in die moordsaak van Robert van Wyk het Dinsdag 13 Februarie in die Somerset-Wes-streekshof begin. ’n Plaaslike polisiebeampte, konstabel Mahlubi Mazomba, staan tereg vir die moord op Van Wyk wat tydens ’n klopjag by sy huis in Chris Nissenpark ten aanskoue van sy twee minderjarige seuns doodgeskiet is. Dié koerant het voorheen berig dat polisiebeamptes van die misdaadvoorkomingseenheid op die oggend van Dinsdag 23 November 2021 glo op die gesin se huis in Uraniumstraat toegeslaan het met ’n lasbrief om die huis vir dwelms te deursoek (“Dit was moord,” DistriksPos, 25 November 2021). Twee skote is glo tydens die klopjag deur polisiebeamptes afgevuur en Van Wyk is noodlottig gewond. Hier is lede van die Vroue in Aksie-beweging en Chris Nissenpark-gemeenskapslede wat elke hofverskyning ter ondersteuning van sy eggenoot Heibrey Jacobs bywoon. Die saak is uitgestel tot Dinsdag 27 Februarie.Foto: Jamey Gordon


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article