Hoërskool Strand se Arende is lewensredders van formaat! Die skool het Vrydag 9 Februarie met behulp van die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) sy eerste kliniek van die jaar gehou. Die skool het 40 eenhede bloed geskenk – waarvan meer as die helfte deur nuwe skenkers moontlik was. “Die Arende het werklik iets besonders gedoen en met Vrydag se skenking het ons moontlik 120 mense se lewe gered. Ons maak in Oktober weer so,” het die skool op sosiale media gedeel. Foto: Mischka Mulder


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article