Badisa Strand en Kolskoot Radio het Maandag 26 Februarie hande gevat en ’n Shoprite kos-trok gereël om vir 1 000 mense sop en brood uit te deel. Die sopkombuis, buite Badisa Strand se tak in Rusthof, het ook ’n inligtingsessie oor laat geboorteregistrasies ingesluit. Leigh-Mae Martin, ’n projek-koördineerder by Badisa Strand, bedank almal wat deel was van die dag en sê hulle beplan om weer so ’n dag iewers in die toekoms te hou.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article