Die plaaslike skrywer Judith Vollmer het Saterdag 6 April by die Cape Flats Literêre Toekennings, wat by die Krystal Beach-hotel in Gordonsbaai gehou is, uitgeblink. Dié trotse Helderberger is onder meer benoem as Beste kinderboekskrywer, en het met drie pryse (vir Kyla en die stad se Kersliggies, Asseblief Meneer, en Class of 2020) weggestap. Die bekroonde skrywer is by die glansgeleentheid saam met mede-Helderberger en digter Elmarie Sauls, wat ’n gesamentlike prys as een van ’n span digters vir die boek Poets vannie Kaap ontvang het, afgeneem.


Die uitgewer en uitvoerende hoof van Shofar Books Publishing & Distribution, XXX en Judith Vollmer.

Judith Vollmer het skouers geskuur met die seremoniemeester, Noel Oostendorp.

Judith Vollmer is by die glansgeleentheid deur Althia Titus en Fredeline Joseph, adjunkhoofde van Valsbaai Primêre Skool, ondersteun.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article