Ons woon in Somerset-Wes en ons stemlokaal is Choices Crisis Pregnancy Centre – wat ’n aaklige naam vir ’n stemlokaal!

Die organisering met ’n vorige verkiesing was eenvoudig pateties en baie gou het die hele stemproses in volslae chaos ontaard.

Aanwysings was gebrekkig of selfs totaal afwesig! Selfs die “helpers” het nie eens geweet wat aangaan nie.

Ons vertrou dat die organisering van die stemmery op Woensdag 29 Mei vanjaar meer professioneel sal wees en dat daar spesiale voorsiening vir ouer kiesers gemaak sal word.

En terloops, ek is so bly dat die toetssentrum in Victoriastraat beskadig is en gesluit moes word. Dit was sekerlik die liederlikste sentrum in die land en om van die aaklige parkeerarea rondom die gebou nie eens te praat nie.

Ons sien uit na ’n mooier en geriefliker sentrum waarop die inwoners trots kan wees. – Inwoner, Somerset-Wes

Die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika se provinsiale kiesbeampte, Michael Hendrickse, reageer: “Ons het voorheen die Choices Crisis Pregnancy Centre asook die Helderberg Christian Church oor registrasienaweke gebruik. Vir die NPE 2024 is die stemlokaal Generation School Somerset West.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article