Lede van die Helderberg Senior-klub het die maatskaplike werker Anel Pienaar Dinsdag 7 Mei as gasspreker by hul byeenkoms verwelkom. Pienaar, wat met psigiatriese pasiënte gemoeid is, het ywerige luisteraars toegespreek oor wat presies haar werk behels. Van links is Pienaar saam met Corné van Zyl en Joanite Burden (albei inwoners) en Tertia Barkhuizen (bestuurder van Huis Harris in Michaustraat, Strand). Die tehuis is deel van die organisasie Community Mental Health and Psychiatry, met sewe psigiatriese huise in die Wes-Kaap.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article