Ek het Maandag (27 Mei) net ná ete by die Wingerd Pre-Primêre Skool opgedaag om te stem, maar kon egter nie stem nie, want die stelsels was af.
Ek het nog twee keer die middag opgedaag, maar die stelsel was af die res van die dag.
Dinsdag (28 Mei) hoor ek oor die nuus as die stelsels af is, moet die amptenare kiesers toelaat om per hand (manually) te stem, maar dat dit dikwels nie gebeur nie, want die amptenare het nie die nodige opleiding daarvoor nie.
Kan die media miskien druk uitoefen en help verseker dat die nodige opleiding geskied sodat niemand in die toekoms weggewys word omrede die elektroniese stelsel af is nie?



