Mnr. en Mej. Parel Vallei (PV) 2024 is Liam de Villiers en Anneh Mitrovich.
PV bedank elkeen van die 20 finaliste – Rebekka Badenhorst, Alicia Ferreira, Bethanie George, Anneh Mitrovich, Georgia Simons, Nina Strydom, Janae Theron, Anya Theron, Anneke Titus, Jessica van der Vyver, Liam de Villiers, James Grindrod, Ian Kleynhans, Seth Oldham, Darius Pfaff, Francois Retief, Paul Roux, Hugo Strydom, Marcus van der Merwe en JP van der Walt – wat deelgeneem het en hul beste gegee het om ’n sukses te maak van die skoonheidskompetisie. Elke finalis het op hul unieke manier die gehoor op ’n uitsonderlike reis om die wêreld geneem.
Hartlik geluk aan die wenners:
Mnr. and Mej. PV 2024 – Liam de Villiers en Anneh Mitrovich
1ste prins en prinses – Darius Pfaff en Anneke Titus
2de prins en prinses – Marcus van der Merwe en Nina Strydom
Mnr. en Mej. Fotogenies – Liam de Villiers en Anneke Titus
Mnr. en Mej. Persoonlikheid – Liam de Villiers en Anya Theron.
Mnr. en Mej. Kreatiwiteit – JP van der Walt en Anneh Mitrovich
’n Spesiale Blue Thread-dankie word uitgestuur aan die organiseerder van die suksesvolle glansgeleentheid, Lozé la Grange, en haar span – vermaaklikheidster en musiekkunstenaar Jak de Priester wat seremoniemeester was, Landa de Jager (choreograaf) vir die openingslied; Paul Kruger (videograaf); Elri Photography vir die foto’s en die beoordelaars, Janine Fourie, Bridget de Kock, Kobus de Kock en Jimmy Powell.




