Een van DistriksPos & Helderberg Gazette se gunsteling-amateurfotograwe, Cobus Germishuys, was weer met sy mik-en-druk-kamera op die strand in foto-neem-aksie! “Die lig breek goud deur ná dae se reën,” skryf Germishuys as onderskrif vir die skouspelagtige foto, wat hy Sondag 14 Julie omstreeks 17:30 geneem het terwyl hy seelangs by die promenade gestap het. Foto: Cobus Germishuys


Strandgangers in silhoeët teen ’n pragtige sonsondergang langs die strand op Saterdag 6 Julie.

Die ywerige fotograaf het dieselfde dog anderse prentjie op Donderdag 4 Julie geneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article