Dinge van ’n Skoolkind was ’n werksessie-drama waarin Hoërskool Strand-leerders hul eie stories kon vertel. Die stuk speel in die Hoërskool Eksieperfeksie af en volg die stories van agt leerders. Hulle het aan verskeie feeste deelgeneem, insluitend die Allegretto-, Parel Vallei- en Klein Libertas-toneelfees, waar hulle verskeie pryse gewen het. Die produksie was derde in die provinsie en die span het brons- en silwermedaljes gewen. Dit was ’n lang, maar wonderlike reis, en almal is baie trots op die produksie.


Skebengawas ’n drieman-teater-en-werksessietoneelstuk met Darren Johannes, Kayden Links en Michael Ruzvidzo. Dit het die lewe van jong mense in bende-gebiede ondersoek en was ook opvoedkundig. Die stuk is in Julie by die Parel Vallei-toneelfees opgevoer en het dubbele goud gewen, met Johannes wat die Beste akteur-trofee ontvang het. By die Klein Libertas Toneelfees verlede maand (Augustus) het al drie akteurs goud ontvang, en Michael Ruzvidzo het die Beste ondersteunende akteur-trofee gewen. By die ATKV se Tienertoneelfees op 15 Augustus het hulle weer goud ontvang en al drie is as beste akteur in ’n hoofrol benoem. ’n Toer is nou ter sprake danksy die sukses van die toneelstuk. Die seuns bedank me. Theart, Meagan Beukes en mev. Van Wyk vir hul ondersteuning.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article