Soos elke dorp het Macassar ook vele uitdagings, maar die Macassar-rugbyklub maak van my ’n trotse inwoner.
Hy gee hoop vir ons gemeenskap wat dit so broodnodig het. Ons is so dankbaar vir ’n ieder en ’n elk se betrokkenheid by die klub. Hulle hou Macassar se naam hoog met hul uitmuntende rugbyspel. Bly nederig en met jul voete plat op die aarde – so kan julle nog baie hoogtes bereik, soos reeds bewys is. Julle laat my hart swel van trots. Jul positiwiteit oorskry alle negatiwiteit. Die spelers het bewys harde werk en dissipline is die moeite werd. Alle sterkte vir die finaal! Hier kom ons, Superliga B! Ek hoop hulle is gereed vir die formidabele span van Macassar – die MC Boys.
[Dit was ’n] goeie wen teen Atlantis. Ons gaan nog die skrums regkry. Ek as ’n senior kan nou loop met ’n huppel in my stap. Groot dank, en welgedaan, MC Boys.


