Die Hoërskool Strand se koor het vroeër hierdie kwartaal by ’n koorfees by Parel Vallei, waar die bekende Emo Adams die gaskunstenaar was, opgetree. Hierdie meisieskoor is hard aan die werk en het op Woensdag 21 Augustus aan die Helderberg-eisteddfod deelgeneem en goud plus ontvang. Hulle neem binnekort aan die Allegretto-eisteddfod deel en tree ook op by die vroueoggend wat vir Saterdag 5 Oktober by die skool beplan word.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article