Ywerige gholfspelers het hul gholfstokke ten bate van Hoërskool Strand geswaai. Die skool se geldinsamelingsgholfdag is Vrydag 6 September by die Strand-gholfklub gehou en was dank­sy die ondersteuning van entoesiastiese deelnemers en borge ’n reusesukses. Hierdie spanlede, Herman Pretorius, Morné Visser, Michael Visser en Quinn Visser het eerste plek losgeslaan.


Morné Jurgens, Chris Jurgens, Carl Gerber en Riaan Matthee het nie net ’n lekker potjie gholf en samesyn geniet nie, maar ook tweede geëindig.

Die plaaslike span, Owen Thomas, Marco Viljoen, Eschel Peterson en Fabian Simons het hul slag gewys en derde geëindig.

Die titel van best dressed is deur Pieter Verwey, Jarred Verwey, Farrell Verwey en Adriaan Jooste verower.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article