Good Hope Play Centre het op Sondag 13 Oktober sy 40ste bestaansjaar gevier. Die kleuterskool, wat sedert die laat jare tagtig ’n steunpilaar in die gemeenskap is en by Ringlaan 41 in Macassar geleë is, het sy verlede, hede en toekoms gevier. Van sy nederige begin, deur sy volgehoue ??volharding ten spyte van die moeilikste omstandighede tot die kleuterskool uiteindelike getriomfeer het. Good Hope Play Centre is ’n veilige hawe vir Macassar en sy vele generasies. Bo links: Die voorsitter, Samantha Tobias, het die gaste toegespreek. Bo regs: Janet Warnick, die skoolhoof, het oor die kleuterskool se geskiedenis gepraat. Foto’s: Barend J Williams


Skoolhoof Janet Warnick, onderwysers Michelle Warnick en Lea Pedro saam met die kinders van Good Hope Play Centre.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article