Gemeenskapsveiligheidsorganisasies het verlede naweek saamgewerk vir ’n sigbare vertoning van mag in die Helderberg-kom. Verskeie gesamentlike patrollies is van Vrydag 18 tot Sondag 20 Oktober uitgevoer. “Ons is vereer om genooi te word om by Afriforum se Strand- en Helderberg-takke aan te sluit, en dit saam met ander sekuriteitsdiensverskaffers, vir ’n naweek waarin ons sigbare patrollies gehou het. Hierdie naweek het die krag van spanwerk getoon en ons doen ’n beroep op alle inwoners van die Helderberg-kom om by ons aan te sluit in ons missie om die gebied veilig te hou,” het Charnel Hattingh, groephoof van kommunikasie en bemarking by Fidelity ADT, gesê.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article