Die Macassar-polisie ondersoek ’n saak van dwelm­handel nadat drie verdagtes met 650 glasbuise met tik betrap is. Die dwelmhandelaars is verlede Saterdag (2 November) omstreeks 02:00 in hegte­nis geneem. Die inhegtenisneming volg nadat die polisie inligting uit die gemeenskap ontvang het dat ’n groep mans dwelms by die B-woonstel­blokke verkoop. Polisiebeamptes wat die omgewing gepa­trolleer het, het drie verdagtes met die dwelms in hul besit aangekeer. Die polisie het ook ’n woon­stel deursoek waar nog dwelms inslui­tend ’n on­be­kende hoeveelheid tik, Mandrax en dagga ge­vind is. Die verdagtes het Maandag 4 Novem­ber in Somerset-Wes-landdroshof verskyn.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article