“Ek deel graag met lesers hierdie foto wat ek ’n ruk gelede (20 Julie) in die Strand geneem het nadat die reën opgehou het. Alles was vars en skoon. Die son was ekstra helder en die lugruim die mooiste blou!” Só lui die onderskrif deur die ywerige fotograaf Stephan Haumann. DistriksPos & Helderberg Gazette nooi lesers om hul foto’s van tonele in en om die Kom vir moontlike plasing te stuur. Foto’s moet minstens 500 KG wees en teen Maandag 14:00 via e-pos na editor@districtmail.com gestuur word. Foto: Stephan Haumann


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article