Solidariteit Helpende Hand se Helderberg-tak het sy nuwe dagbestuur vir 2025 aangekondig. Die nuwe bestuurslede bestaan uit Yvonne Blom as sekretaris (agter, van links), Audrey du Toit as onder-voorsitter, en Marinda Bishop as voorsitter (voor). Die trio is ywerig om voort te bou op die fondasie wat oor die jare heen reeds in die gemeenskap en omliggende omgewings gelê is. Solidariteit Helpende Hand bied maatskaplike ondersteuning en ontwikkeling aan gemeenskappe met ’n Afrikaner-kultuur. Dit is ’n Christelike welstand-organisasie wat vrywilligers bemagtig om ’n positiewe uitwerking te hê. Gemeenskapslede wat betrokke wil raak by Solidariteit Helpende Hand of die organisasie wil ondersteun, kan ’n epos stuur aan Bishop by marindabishop@icloud.com.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article