Badisa Strand is dringend op soek na Juan Pietersen en Chrismilly Smith, die ouers van die agtjarige Joshnick Smith.
“Volgens familielede bevind die ouers hulle moontlik op ’n plaas in Porterville,” sê Rosina Baardman, ’n maatskaplike werker by die Strand-tak van Badisa.
Sy het benadruk dat hulle die ouers so gou as moontlik moet opspoor.
Enigiemand met inligting oor waar Pietersen en Smith hulle bevind, word gevra om die Badisa Strand-kantoor by 021 853 1888 of 076 292 2558 te kontak.



