Die Helderberg-tak van die National Coloured Congress (NCC) het Maandag en Dinsdag (13 en 14 Januarie) ’n terug-skool-toe-haarsnysessie in Broadlandspark, Strand, aangebied. Die program, waarin vrywilligers die seuns in die gemeenskap se hare gesny het, was daarop gemik om seker te maak dat die leerders netjies lyk vir die eerste dag terug by die skool. Volgens die NCC wil hulle verseker dat kinders wat nie die middele het nie, steeds selfvertroue kan hê en netjies lyk. Foto’s: Barend J. Williams


Die haarsnysessie is georganiseer deur (van links) Eben Muller, die streekorganiseerder van die NCC, proporsionele raadslid Felicia Solomons (subraad 8), Evolino Simons, die NCC-substreekkoördineerder vir die Helderberg, en Fayrooz Nefat.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article