Kinders van die nasorgprogram van Ons Plek Helpende Hand was slaggereed om die nuwe akademiese jaar danksy ’n skryfbehoefteskenking ter waarde van R16 000 van die Helderberg Rotary Anns te begin. Die pakkies, wat voor die begin van die nuwe skooljaar aan die kinders en die sentrumbestuurder, Joey Lötter, oorhandig is, het ’n verskeidenheid skryfbehoeftes, soos sakrekenaars, skryfboeke, potlode, penne, wiskundestelle, vetkryt en meer ingesluit. Rotary Anns (van links) Carol Vader, Gayl Boone en Mieke MacDonald het die skenking oorhandig.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article