Die Strand-polisie ondersoek ’n saak van moord nadat die lewelose liggaam van ’n jong man verlede Donderdagoggend (6 Februarie) in Broadway-boulevard aangetref is. Volgens ’n polisiewoordvoerder is lede omstreeks 05:45 na die toneel oorkant die Gustrouw-sportterrein ontbied. Die slagoffer, wat met twee steekwonde aan die bolyf aangetref is, was aanvanklik onbekend, maar is later as 32-jarige Siphenathi Tshalitshali geïdentifiseer. Omstandighede rakende die voorval vorm deel van die polisie se moordondersoek, wat steeds voortduur. Enigiemand met inligting word versoek om die polisiekantoor by 021 854 9100 te skakel.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article