Jy wou nog altyd skryf. Die sluimerende begeerte was nog altyd daar. Dis iets wat jy vir jouself wil doen, vir jouself gun. Nou is daar ’n geleentheid om saam met Marianna Brandt dié droom te bewaarheid.

Brandt gaan jou diep in jou verbeelding neem waar jou mooi stories begrawe lê. Jy gaan hulle opdiep en hulle op papier verewig vir kinders wat lief is vir lees. Sluit aan by haar dinamiese skryfgroep en publiseer jou eie werk. Dis prakties en magic.

Die skryfkursus word van Woensdag 1 tot Vrydag 3 Maart in Strand aangebied. Vir meer inligting of om ’n plek te bespreek, stuur ’n e-pos na brandtmarianna@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article