Die hokkiespelers van die Arende is vir hul toewyding, uithouvermoë en harde werk beloon.

Hoërskool Strand het Woensdag 26 September sy uitblinkers op die hokkieveld by sy jaarlikse hokkieprys­uitdeling vereer.

Die geleentheid is deur afrigters, onderwysers, spelers en ouers bygewoon. Pryse is toegeken aan die beste voorspeler, beste agterspeler, die speler wat die meeste vordering gemaak het en die beste speler onder die meisies en seuns in elke ouderdomsgroep.

Spesiale pryse is ook aan die belowendste voor- en agterspelers oorhandig, asook die doelwagter van die jaar en die Golden Striker-eerbewys vir die speler wat die meeste doele in ligawedstryde aanteken het.

Die spanne van die jaar is die o.18B-meisiespan en die o.18A-seunspan.


Die wenners is:
.
Lecé van Wyk – beste o.14-meisiespeler;
.
Zani Willmot – beste o.16-meisiespeler;
.
Carlin Fisher – beste o.18-meisiespeler;
.
Durand van Deventer – beste o.14-seunspeler;
.
Jayde Nel – beste o.16-seunspeler;
.
Edward Russouw – beste o.18-seunspeler;
.
Marlie de Klerk – beste vordering vir meisies;
.
Clint Williams – beste vordering vir seuns;
.
Eben de Klerk – mees veelsydige speler;
.
Pieter Welgemoed – Van Deventer-trofee vir beste vordering;
.
Christiaan de Wet – CDP van Zyl-trofee vir belowendste seuns-voorspeler;
.
Xander Barnard – CDP van Zyl-trofee vir belowendste seuns-agterspeler;
.
Dominique Carstens – Jo Potgieter-trofee vir belowendste meisies-voorspeler;
.
Elrika van der Westhuizen – Tertia Steyn-trofee vir belowendste meisies-agterspeler;
.
Enya Scholtz en Attie Lambrechts – deel die doelwagter van die jaar;
. Rochelle Roos – Golden Striker-trofee.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article