Hoërskool Valsbaai het Maandagaand (10 Desember) sy prysuitdeling gehou om die skool se uitblinkers in gr.8 tot gr.11 te vereer.

Pryse is oorhandig aan leerders wat A- en B-simbole in vakke losgeslaan het, sowel as diegene wat goed gevorder het, pligsgetrou en hardwerkend was en meriete in vakke bekom het volgens hul uitslae van 2017.

Die skoolhoof Herman Janse van Rensburg het die pryse aan die presteerders oorhandig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article