Hoërskool Valsbaai het Woensdag 20 Februarie twee pryse by die Wes-Kaapse onderwysdepartement se prysuitdeling vir die metropoolstreek ontvang. Die skool het die prys vir die enigste skool met ’n slaagsyfer van 100% sedert die begin van CAPS in 2008 ontvang en ook die prys gekry vir die skool met ’n slaagsyfer bo 90% in die matriekeksamen die afgelope drie jaar. Herman Janse van Rensburg (skoolhoof van Valsbaai, links) het die pryse vanaf dr. Henk Punt (kringbestuurder) ontvang


Nog pryse vir Valsbaai

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article