Die Hoërskool Strand het Saterdag sy eerste Somer-ses-aan-’n-kant-toernooi vir spelers ouer as 17 jaar aangebied. Vyf spanne was elk in vyf wedstryde in aksie. Somerset House het die eindstryd teen die Arende gespeel en met die louere weggestap. Daar was ’n lekker gees langs die veld en die baie kosstalletjies het die honger van die spelers, afrigters en ondersteuners gestil.


Hokkietoernooi vir dié bo 17

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article