Martin Theron van Hoërskool Strand het tydens die Maart-skoolvakansie aan Wes-Kaap Swem se interprovinsiale vlak-een-kampioenskap deelgeneem.

Hy het in agt individuele items deelgeneem en drie eerste plekke en twee derde plekke losgeswem.

Martin was eerste in die 200 m-vryslag, 50 m-vlinderslag en 100 m-vlinderslag en derde in die 100 m- rugslag en 200 m- individuele wisselslag. Martin was ook vierde in die 100 m-vryslag, vyfde in die 50 m-rugslag en agtste in die 50 m-vryslag. Hy het ook brons in twee aflositems verower – die gemengde 200 m-vryslag en 200 m-vryslagaflos vir seuns.

Martin gaan die Wes-Kaap aanstaande week in die Eden junior uitnodigingskampioenskap van 11 tot 13 April in Knysna verteenwoordig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article