Dewald de Koker, Adriaan Kennedy, Marli Botha en Kristin Meyer, vier Strand-atlete wat by die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekkampioenskap presteer het.


Hoërskool Strand het ’n uitsonderlike atletiekseisoen gehad met atlete wat by verskeie byeenkomste presteer, medaljes verwerf of goeie plekke behaal het.

Vier-en-twintig Arende het in Maart aan die Boland-atletiekkampioenskap by die Dal Josafat-stadion in Paarl deelgeneem. Die beste atlete van elke streek het hier deelgeneem en kragte gemeet. Agt van die skool se atlete is vir die Boland-atletiekspan gekies.

Die Arende het as volg presteer: Dewald de Koker (silwermedalje, 400 m, seuns o.19); Adriaan Kennedy (brons, 400 m-hekkies, seuns o.19); Christopher Smit (vierde, hamergooi, seuns o.15); Caitlin Isaacs (silwer, 100 m, brons, 200 m, meisies o.17); Kristin Meyer (silwer, 10 000 m-stap, meisies o.19); Enya Scholtz (brons, hamergooi, meisies o.19); Anél Swart (vierde, hamergooi, meisies o.17) en Marli Botha (silwer, hamergooi, meisies o.17).

Vyf atlete het in die Maart-skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap in Port Elizabeth deelgeneem en drie medaljes huis toe gebring.

Marli en Kristin het elk ’n brons medalje vir onderskeidelik hamergooi en 10 000 m-stap gewen.

Dewald en sy drie spanmaats het silwer in die 4×400 m-aflos vir seuns o.19 gewen.

Sewe begeesterde Arende-atlete het van 28 tot 30 Maart aan die strawwe Atletiek Suid-Afrika jeug/junior kampioenskap in Paarl deelgeneem.

Anél het 13de in die hamergooi geëindig en Caitlin was agtste in die 100 m-eindronde.

Dewald en Adriaan was lid van die 4×400 m-aflosspan wat ’n bronsmedalje gewen het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article