Die magtige Oranjerivier was vir vier dae die plek vir pret en plesier en hope adrenalien toe 58 matrieks van die Hoërskool Strand die water en stroomversnellings aangedurf het.

Die geleentheid was die Arende se jaarlikse roeitoer.

Die rivier met relatief min water het nie die matrieks laat terugdeins nie en die avontuur het baie aksie opgelewer.

Vier onderwysers en gidse van Amanzi Trails het saam met die matrieks geroei en in die pret en aksie gedeel. Planne is beraam om die stroomversnellings aan te durf sonder om vas te sit of om te val. Oudergewoonte was daar legendariese watergevegte, die klim na ’n myn en gesellige kuier onder ’n helder volmaan. Die groep het snags op die oewer gekamp en was soggens vroeg, saam met sonop, op die water vir ’n dag se avontuur.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article