Laerskool Hendrik Louw se eerste rugbyspan pronk met splinternuwe truie danksy ’n borgskap van AGH Artificial Grass Helderberg. By die trotse span is (van links) Johan Claasens (afrigter), John Reyneke (skoolhoof), AK Southey (hoofafrigter en sportorganiseerder), en Chris “Gras” Kruger van AGH Helderberg, die borg. Die truie is deur Lourens de Jager van XCO gemaak. Die seuns het tot dusver al verskeie spanne laat les opsê en met trots in dié truie op die veld gedraf. Die truie is gemaak met die oog op die skool se 140ste bestaansjaar en lyk soos dit jare gelede gelyk het. Dié span het ook die voorreg gehad om in die Danie Craven-stadion in Stellenbosch teen Sun Valley Primêre Skool te speel. Hendrik Louw het 27-19 gewen. Die spelers was baie opgewonde en het hul dank aan die Maties-rugbyklub vir die geleentheid uitgespreek.


Nuwe rugbytruie vir Louwtjies-rugbyspan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article