Leandre Botes, Monichia Pretorius en Elizka Groenewald meet en weeg sardyne waarna hulle ook dié vissies se maaginhoud bestudeer het. Hoërskool Strand se gr. 11-leerders het met die aanvang van die derde kwartaal hul klaskamer vir ’n wyle vir die akwarium verruil. Die besoek was ’n groot hoogtepunt. Die leerders het ’n les oor volhoubare sardynvangste bygewoon en kon daarna deur die akwarium stap. Hulle het sardyne as deel van die les van naby bestudeer en ontleed. Die oggend is afgesluit met ’n besoek aan die Kompanjiestuin, die oudste openbare tuin in Suid-Afrika.


Vinnige wegbreek na akwarium

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article