Hoërskool Grabouw en De Rust Futura Akademie het Saterdag 24 Augustus kragte op die sportveld gemeet in hul jaarlikse interskole. Netbal- en rugbywedstryde is by die sportveld van Hoërskool Grabouw beslis. Die o.19A-netbalspan van Hoërskool Grabouw het met 31-16 geseëvier. Links bo is die wenspan, van links agter: Deslin de Bruyn, Jay-lynne Katts, Lenacha Appel, Majorie van Tonder (afrigter), Jamie-Lee Franse, Keshia Johannes, Caitlin Vermeulen, Caylin Fredericks en Cassidy Ess. Voor: Somarlie Keown (afrigter), Elizabeth Keown (gelukbringer), Colleen Bezuidenhout, Melissa Grootboom (afrigter) en Jamie-Lee Dunsdon. Die span het sy borg, Capespan, vir die ondersteuning bedank. Foto regs: Die o.19A-rugbyspan van Hoërskool Grabouw het sy interskolestryd teen De Rust Futura met 36-16 gewen. Van links agter staan Norenzo Hendricks, Tanswill Raynard, Daniel Mathuloe, JJ Adams, Jordan Swarts, Edneal du Toit, Shane du Toit (hulpafrigter), Elmar Demas, Matthew Andrews, Renay Booysen, Jamian Koeikraal en De Wet Kotze (afrigter). Tweede ry: Dimitri Matthews, Cheslo Paultin, Reece du Toit, Mardin Liwani en Adron Fransman. Voor: Do Lee Sansy, Cayon Cupido (kaptein), Joshua Oppelt, Jarquin Kerr (onderkaptein), Franco Pla


HS Grabouw wen interskole-stryd

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article