Die hokkiespelers van die Hoërskool Strand het die 2019-seisoen Dinsdag 17 September met die jaarlikse toekenningsgeselligheid in die skoolsaal afgesluit.
Verdienstelike spelers is vereer met toekennings vir die beste voor- en agterspeler, die meeste vordering en die mees belowende speler van elke ouderdomsgroep. Onder die meisies is Candice Dalton (o.14), Lecé van Wyk (o.16) en Ané Braasch (o.18) as die mees belowende spelers aangewys en onder die seuns was dit Heinrich Rossouw (o.14), Martin McCarthy (o.16) en Chris Langeveldt (o.18).



