Shannon Dreyer (regs), ’n onderwyser by die Rusthof Oslo-skool, is Donderdag 12 September met die prys vir uitmun­tende diens in spesiale onderwys by die jaarlikse distrik-onderwystoekennings vereer. Dié spesiale prys is op distriksvlak toegeken en sluit die Metro-Oos- sowel as Metro-Noord-onderwysdistrikte in die Wes-Kaap in. Die 26-jarige onderwyser werk van 2018 in die outisme-afdeling van die skool. Haar belangstelling in spesiale onderwys word veral deur outistiese leerders geprikkel. Die omvang van die toekenning sluit in dat Dreyer nou benoem is vir die provinsiale onderwystoekennings later vanjaar. Die skoolhoof, Mannette Mally, wens Dreyer geluk met dié prestasie.


Onnie kry spesiale prys

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article