Die toutrekspanne van Hoërskool Strand het Saterdag 5 Oktober aan Laerskool Hendrik Louw se feesdag deelgeneem en behoorlik kleur aan die pragtige dag verleen. Feesgangers was aangenaam verras oor hierdie aantreklike, gedissiplineerde sportsoort wat hulle kon aanskou. Die toutrekkompetisie is goed ondersteun en die onderskeie klubs was almal positief oor hierdie lusmaker aan die begin van die toutrekseisoen. Ondanks die feit dat die Arende baie van hul staatmaker-matrieks verloor het, het hulle gewys dat daar baie potensiaal oor is om die nuwe seisoen met geesdrif aan te pak.


Toutrekspan gee kleur aan die dag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article