Hoërskool Valsbaai se akademiese reuse! Tanyta Olivier (links) en Zoë Olivier staan onderskeidelik eerste en tweede op die skool se akademiese rangleer. By hulle staan die skoolhoof, Herman Janse van Rensburg. Wyle Adelle Hobley se ma het haar derde plek prys vir akademie in ontvangs geneem.Foto’s: Riata Nel


Hoërskool Valsbaai in Strand se matriekleerders het vanjaar met verskeie trofees, sertifikate en medaljes weggestap by die skool se amptelike uitstapdag/Valedictory Vrydag 11 Oktober.

Dié skool se topdrie- akademiese presteerders van 2019 is Tanyta Olivier (eerste), Zoë Julies (tweede) en wyle Adelle Hobley (derde). Adelle se ma, Olga Hobley, het die sertifikate en medaljes namens haar dogter in ontvangs geneem.

Zoë ontvang die skoolhooftoekenning. Die leerders se prestasies is as volg:

Tanyta ontvang sertifikate vir haar A-simbole vir lewensoriëntering, Engels Huistaal én vir haar punte vir lewenswetenskap in die September- eksamen.

Sy handhaaf ’n A-gemiddelde met dié eksamen. Tanyta ontvang pryse in akademiese pligsgetrouheid vir wiskundegelettertheid, geskiedenis, lewenswetenskap en vir die beste opstel in Engels Huistaal. Sy ontvang medaljes vir B-gemiddelde in Afrikaans Eerste Addisionele Taal, wiskundegelettertheid, geskiedenis en lewenswetenskap.

Zoë ontvang sertifikate vir haar A-gemiddelde in Afrikaans Eerste Addisionele Taal en lewensoriëntering. Sy ontvang pryse vir akademiese pligsgetrouheid vir besigheidstudies, lewenswetenskap en vir die beste opstel in Engels Huistaal. Dié matriekleerder stap ook weg met medaljes vir haar B-gemiddelde vir Engels Huistaal en besigheidstudies.

Wyle Adelle Hobley se ma het namens haar dogter verskeie pryse in ontvangs geneem. Adelle is September in ’n tragiese motorongeluk oorleder. Haar pryse sluit in ’n akademiese prys vir toerisme prakties, ’n medalje vir B-gemiddlede in wiskunde, toerisme en Engels, sertifikate vir A-simbole vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal in die Septembereksamen.

Die skoolhoof, Herman Janse van Rensburg, het by dié geleentheid die Adelle Hobley-wisseltrofee bekend gestel.

“Dié trofee sal in 2020 aan die student gegee word wat deursettings­vermoë wys en wat gedetermineerd is om, ten spyte omstandighede, hard te werk en uit te styg.”

Jonita Kaufman het sertifikate ontvang vir haar A-gemiddelde vir Afrikaans Huistaal in die Septembereksamen. Sy ontvang sertifikate vir pligsgetrouheid vir lewenswetenskap en uitstekende opstel in Engels Eerste Addisionele Taal. Sy kry medaljes vir haar B-simbole in Engels, ontwerp en Afrikaans Huistaal.

Leigh Williams ontvang ’n sertifikaat vir sy A-Simbool vir lewensoriëntering en akademiese pryse vir besigheid­studies en ’n uitstekende toerisme prakties. Hy ontvang sertifikate vir pligsgetrouheid vir lewenswetenskap en toerisme én medaljes vir sy B-simbole in Engels Huistaal en toerisme.

Joshua Hendricks ontvang sertifikate vir pligsgetrouheid vir wiskunde letterkunde, besigheidstudies, Afrikaans Eerste Addisionele Taal en vir sy toerisme prakties.

Keenan Arendse kry sertifikate vir sy toerisme én rekenaartoepassings­tegnologie pratkies.

Kyle Harms ontvang ’n sertifikaat vir sy rekenaartoepassingstegnologie prakties. Christian le Cock kry sertifikate vir sy rekenaar­toepassingstegnologie prakties en tegnologie. Hy ontvang ook die sertifikaat vir die beste vordering in geografie.

Xolisa Shenxani ontvang sertifikate vir pligsgetrouheid vir toerisme en toerisme prakties.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article