Ouers, leerders en personeel van Hoërskool Parel Vallei het weer hul hart oopgemaak en saam produkte soos niebederfbare eetgoed, speserye, wasmiddels en selfs ’n klein bederfie vir vroue wat daagliks die langdurige droogte moet trotseer, ingesamel. Die Vrouelandbouvereniging (VLV) van Wellington-sirkel, Paarl, het begin met die projek om voor Kersfees vir elke boervrou in droogtegeteisterde dorpe in ons land hoop te skep deur die “Boks vir ’n boervrou”-projek. Carin Havinga, ’n ma van PV, het die skool genader om deel te word van die projek en vinnig-vinnig het die onderwysers Jo-Ann Franken en Di-Anne Burger werk daarvan gemaak om die res van te skool aan te moedig om die projek te ondersteun. By die bokse staan Carin Havinga (koördineerder van dié projek in Somerset-Wes), Jo-Anne Franken (PV-onderwyser), Mari Swanepoel (gr. 9-leerder), Di-Anne Burger (PV-onderwyser) en Doline Havinga (gr. 8-leerder).Foto:


Bokse liefde vir boervroue

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article