Die leerders van die junior fase van die Rusthof Olso-skool in Strand is Vrydag 22 November met ’n partytjie bederf. Daar was springkastele en die kinders het al die aktiwiteit terdeë geniet. Die hoogtepunt was toe McDonalds Waterstone Happy Meals aan elke kind gegee het. Die kinders se gesiggies het behoorlik gestraal van blydskap toe dié heerlike maaltyd en geskenkies uitgedeel is. Jayden Blood het sy dankbaarheid betoon deur ’n spesiale prentjie vir McDonalds te teken. Die skoolpersoneel het die onderneming bedank vir die goeie daad. Foto:


Leerders bederf met eetgoed

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article