Die jaarlikse Arende Afslaan-tennistoernooi is Saterdag 25 Januarie deur Hoërskool Strand aangebied met agt spanne wat in twee groepe hul staal op die tennisbaan gewys het. By die bane van die Strand-tennisklub het Strand A, Bredasdorp A, Montagu en Parel Vallei sake uitgespook en dié groep is deur die gasheer gewen, gevolg deur Parel Vallei, Montagu en Bredasdorp A. By die skool se bane het Bredasdorp B, Strand B, Strand Aces en Bellville gespeel. Bellville is aan die einde van die kompetisie as die medaljewenners gekroon, gevolg deur Bredasdorp B en Strand B en Strand Aces (gedeelde derde plek). Die skool bedank sy tennisborg, Philwest, vir die skenking van die medaljes. Links is die tennisspelers van Hoërskool Strand se B-span saam met die tennisspelers van Bellville. Belville het die B-afdeling gewen.


Tennisspelers spook sake op die bane uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article