Elize Kotze, ’n oud-Protea-netbalspeler en -afrigter, het onlangs weer ’n kursus by Hoërskool Parel Vallei aangebied waar die netbalspelers en -afrigters baie baat kon vind. Kotze wil graag saam met Alida Duvenhage, hoof van PV-netbal, ’n omgewing skep waar netbalspelers se liggaams- en lewensvaardighede ontwikkel kan word sodat spelers en afrigters van dié skool hul volle potensiaal kan bereik. PV se oogmerk is om binne die volgende drie jaar as een van die topnetbalskole in die provinsie gereken te word. Die PV-netbalafrigters saam met Kotze is Teresa Koekemoer, Nicolene Murray, Marelise Kuhn, Liana Kriel, Kotze, Duvenhage, Nerina Fourie, Adel van Wyk, Taryn Falconer en Hettinet Barnardo.


Fokus op netbal by PV

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article