Zané Habig, ’n gr. 10-leerder aan die Hoërskool Parel Vallei, was die naaswenner in die nasionale Dramaweb SA monoloog-afdeling vir gr. 10- leerders. Die aanlyn kompetisie is ’n eerste in sy soort en bied ’n wonderlike geleentheid aan deelnemers van gr. RR tot gr. 12 om landwyd teen die bestes te kompeteer en om waardevolle kommentaar van beoordelaars, ten opsigte van interpretasie, vertolking, diksie en meer te ontvang. Dramaweb SA is deur die bekroonde aktrise en Somerset-Wes-inwoner Ira Blanckenberg tydens die staat van inperking van stapel gestuur.Foto:


Naaswenner

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article