Die dramatalente van Juné Kruger, ’n leerder aan die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes, in die verhoogproduksie Wentelkind het haar ’n plek besorg in die top-20 van die ATKV-tienertoneelkompetisie. Dié produksie is ook onlangs as die naaswenner van die Aardklop Pronk Podium-kompetisie aangewys (“PV-drama gee kleur aan feeste”, DistriksPos, 3 September). Die span wat bankvas agter Juné staan, is die verhoogbestuurder Carla Erasmus, Tatjana Frauenknecht as produksie- en audiovisuele bestuurder, Christian Kotzé as klankoperateur en Anya Marx as beligtingontwerper. Die regie van Wentelkind word deur Darryl Spijkers, PV se hoof van drama, behartig. Die top-20-finaliste sal nou aan hul inskrywings skaaf en dan verder deur vier ander beoordelaars gementor word waarna die top- 10-finaliste Vrydag 16 Oktober aangekondig word. Die top-10 se laaste monoloog-opname sal op die ATKV se webwerf en sosialemediaplatforms vir die kykerskeuseveldtog gelaai word sodat kykers vir hul gunsteling kan stem. Die nasionale eindronde word Saterdag 14 November regstreeks aanlyn uitgesaai. Wentelkind word Maandag 19 en Woensdag 21 Oktober om 19:30 uitgesaai. Kaartjies, wat deur Computicket bespreek kan word, kos R50.Foto:


Juné wentel tot in die top-20

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article