Die Helderbergkom-tak van AfriForum het Dinsdag 22 September, as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantprojek, twee stinkhoutbome by Somerset-Wes Primêre Skool geplant. “Om ’n boom te plant, is ’n geloofsdaad vir die toekoms. Wanneer jy ’n boom plant, weet jy nie of jy self die skaduwee of vrugte van die boom gaan geniet nie, maar jy vertrou dat jou kinders en kleinkinders dit wel in die toekoms gaan geniet,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland. “Vanjaar wil ons takke en gemeenskapslede in die land aanmoedig om – buiten die bome wat ons takke op grootmaat gaan plant – steeds bome by hul huise, skole, kerke, gemeenskapsentrums, ouetehuise en parke te plant.” Die AfriForum-lid Ben Cronje het ’n handjie bygesit om twee leerders, Jordan Boer en Keagan Haupt, te help om die bome te plant.Foto:


Plant bome sodat kinders dit kan benut

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article