Vier kranige tennisspelers van Hoërskool Parel Vallei is in die Westelike Provinsie-span opgeneem: Leana Solomon (o.15A), Lerize de Villiers (o.15B), Christo Cilliers (o.15B) en Ian Thom (o.19A) het die provinsiale spanne gehaal. Voor die Covid-19-pandemie ’n stokkie voor meeste van vanjaar se tennistoernooie kom steek het, kon dié PV-spelers ’n wedstryd teen die Wes-Kaap-Kavaliers speel, ’n wonderlike ervaring vir die jong tennisspelers. Hulle brand om weer aan toernooie deel te neem, maar oefen hard om fiks en gereed te bly. Foto:


Tennisspelers wys wat in hulle steek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article