Die jaarlikse gr.12-musiekkonsert van die Hoërskool Parel Vallei word vanjaar weens die Covid-19-pandemie aanlyn op die skool se webwerf uitgesaai. Die gr. 12-musiekleerders van die skool het elk hul gunstelingmusiekstuk vir die konsert voorberei om met die klik van ’n muis te geniet – https://pvallei.co.za/culture/193/af. Wees ook op die uitkyk vir die spesiale inleiding deur die musikant, Winand Grundling. Die leerders wat hul musiektalente virtueel ten toon stel, is agter Caitlin Fikkies, Laura Maritz, Jessica Retief, Nico Olivier, Hannah McCreath en Mieke Laubser. Voor is Rosalind Mitchell, Darryan Kallis, Leonay Botha, Rebecca Kruger en Gerhard Eckley.Foto:


Matriekleerders haal vir oulaas musiekinstrumente uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article