Agt leerders van die Hoërskool Parel Vallei het elk ’n plek in die top-100 van die nasionale Afrikaans-olimpiade behaal. Hulle is agter Kobus Erasmus, Danielle Kleyn en Marietjie Madsen-Leibold (onderwyser). Derde ry is Anna van der Westhuizen en Dané de Villiers. Tweede ry is Hanna van Zyl en Laura Maritz. Eerste ry is Mardie Steenkamp (onderwyser) en Adriana van der Spuy. Voor is Patricia Potgieter. Dis ’n wonderlike prestasie vir die skool se departemente Afrikaans en Afrikaans Eerste Addisioneel om nasionaal só uit te blink. Laura Maritz het nasionaal die 10de plek behaal, asook ’n gedeelde vierde plek in die Wes-Kaap. Die skoolbestuur het die Afrikaansonderwysers bedank vir hul toewyding en die liefde waarmee hulle Afrikaans laat blom in die skool.Foto:


Afrikaans vier hoogty by dié skool

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article