Kyle Burns (regs), ’n oudleerder aan die Hoërskool Strand en lid van die NSRI-Gordonsbaai-tak, het Saterdag 14 November sy klas 4 stuurman-assessering gedoen. Dié assessering, wat bepaal of redders as die kaptein of stuurman in bevel van die vaartuie en die bemanning kan dien, behels teoretiese en praktiese opleiding, wat Kyle in ’n baie kort tydjie afgehandel en voltooi het. Kyle het sy sertifikaat vir hierdie uitstaande prestasie die afgelope naweek by die NSRI se Alan Meiklejohn, NSRI-Gordonsbaai se stasiebevelvoerder, ontvang. Die 20-jarige is nou ’n gekwalifiseerde vlak 4-stuurman by die NSRI. DistriksPos se susterskoerant, Helderberg Gazette, het vroeër vanjaar berig oor die spesiale reddingspoging wat Kyle uitgevoer het om ’n vasgekeerde hond van die rotse naby Harmony-park te red.Foto:


Kyle mag nou aan dié stuur staan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article