Michelmarie Engelbrecht, ’n gr.10-leerder aan die Hoërskool Strand, dra met trots die Mej. Junior Tiener-kroon as die Westelike Provinsie-ambassadeur. Dié jong vrou bewys niemand het ’n verskoning om nie jou drome te verwesenlik nie en vind geluk in diensbaarheid aan ander. Sy het op eie ini­siatief talle uitreikaksies onderneem, onder meer om 40 kinderhartjies van die Goeie Hoop-kindersorg en -jeugsentrum bly te maak deur ’n skenking van teddiebere as troosmiddel. Sencit Resthaven se inwoners is met ’n soetdingetjie bederf en Sir Lowry’s Pass se inwoners het heerlike voedsame sop gekry. Temperance Town se kinders is ook met toebroodjies en ’n netbalwedstryd verras.


Mej. Junior Tiener maak jonk en oud bly

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article