Twee atlete van die Hoërskool Strand het uitstekend by die Boland-klubligabyeen­komste presteer. Jordan Wynne-Vaaltyn (links), ’n gr. 10-leerder en kranige hekkiesatleet, het in die o.19-ouderdoms­groep deelgeneem. Hy is deur Boland-atletiek genader om aan die unie se talent-identifiseringsprogram deel te neem. Marli Botha (regs), ’n matriekleerder en ster hamergooi-atleet, het in die o.20-ouderdomsgroep deelgeneem en ’n briljante 47.45 m, SA kwalifiserende afstand gegooi. Haar poging het haar insluiting in die Boland se toptien-span besorg. As lid van hierdie span sal sy van Donderdag 8 tot Saterdag 10 April aan Atletiek-Suid-Afrika se nasionale byeenkoms by die Dal Josafat-stadion in Paarl deelneem.


Arend-atlete skitter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article